Culture

Nelspruit Eisteddfod

Die Nelspruit Eisteddfod vind jaarliks plaas gedurende Augustus.  By hierdie geleentheid kry leerders in die Laeveld die geleentheid om hul talente op kulturele gebied ten toon te stel.  Dit word gedoen in verskillende kategorieë.  Leerders van Laerskool Malelane gryp die geleentheid aan en kwyt hulle goed van hul taak.  Inskrywings sluit teen middel Mei.

Leerders kan aan die volgende kategorieë deelneem:

  • Afrikaanse voordrag en drama
  • English poetry and drama
  • Intrumentele musiek
  • Vokale musiek
  • Visuele kuns
  • Dans
  • Koor

In 2016 het 93 Lanies ingeskryf vir die Eisteddfod - dans uitgesluit.  Daar is gesamentlik 8 Prestige toekennings (A++) deur Lanies ontvang.

Eisteddfod Gala Evening

This prestigious event takes place after the Eisteddfod where the best achievers at the Nelspruit Eisteddfod can showcase their abilities.

Nasionale Eisteddfod

Die NEA is nog 'n geleentheid waar die leerders op kulturele gebied kan deelneem.  Die kompetisie vind in September plaas te Laerskool Malelane.  Leerders neem deel in verskillende kategorieë en word ook die geleentheid gebied om deur te dring na die volgende rondtes.  Ons is trots op die prestasies van die leerders van Laerskool Malelane waar 8 deelnemers (dansers uitgesluit) in 2016 goue en prestige toekennings ontvang het. 

Leerders neem aan die volgende kategorieë deel:

  • Afrikaanse voordrag en drama
  • English poetry and drama
  • Intrumentele musiek
  • Vokale musiek
  • Visuele kuns
  • Dans
  • Koor

School Concert

Every two years the Lanies present a school concert. All learners must participate and auditions are done for the lead roles.

In 2017 the Lanies presented "Boer soek 'n Vrou".

  



Koor

Laerskool Malelane se senior koor het in 2017 uit 80 lede bestaan. Die koor, onder leiding van Mev Sue de Beer en Mev Steffie Marais het by verskeie geleenthede opgetree, soos ons Kultuuraand in 2017, wat ‘n groot sukses was. Die koor het geestelike-, sekulêre- en Afrika liedere opgevoer. Die lied “Hoenerkos” was ‘n gunsteling onder die kinders sowel as die gehoor. Ngo 1940 het ook aftrek gekry!

Ons sien uit na nog ‘n goeie jaar van kooroptredes!

Lanies got Talent

Auditions are held for the Lanies got Talent competition.  Only 20 entries are chosen to perform on the night.  The following categories are judged:

  • Poetry and drama
  • Musiek
  • Dancing
  • Most entertaining item
  • Winner:  Lanie with the most talent

Redenaars

Leerders wat belangstel in debatvoering en redenaars kan aan die volgende geleenthede deelneem:

  • ATKV Redenaars wat in Meimaand plaasvind
  • Babbelbekaand vir Graad 4 tot 7
  • Kwetteraand vir Graad 1 tot 3
  • Oppie Tong Af wat gedurende Meimaand plaasvind
  • Radikale Redenaars

Die leerders van Laerskool Malelane gryp hierdie geleenthede met albei hande aan en babbel dat dit klap! 

Boomplantdag

Laerskool Malelane se jaarlikse boomplantdag is ‘n geleentheid om die leerders bewus te maak van die belangrikheid van nie net bome nie, maar van natuurbewaring as ‘n geheel. Bome verskaf suurstof, voedsel, skaduwee en is ‘n belangrike deel van die ekosisteem. Die jongspan word gelei tot die insig dat hulle die Custos Naturae (bewaarder van die natuur) is, en dat dit ‘n groot verantwoordelikheid is. 

Op 1 September plant die Gr A leerders vir ons ‘n boom op die skoolterrein. Die leerders woon ‘n inligtingssessie oor die spesifieke boom by, waarna ’n bespreking volg. Die Lanies pas dan hul nuutgevonde kennis toe deur middel van ‘n pret aktiwiteit.

Die dag is ‘n besonderse ervaring met menigde oud Lanies wat jare later, met trots spesifieke bome by die skool kan uitwys as ‘hul’ boom.