Personeel en Bestuur

School Governing Body

Hess Radley (Voorsitter)

Kontaknommer:  083 632 4190

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Marinus Neethling (Ondervoorsitter)

Kontaknommer:  082 495 5266

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Oubaas Janse van Vuuren (Geboue en terrein)  

Kontaknommer:  082 499 5175

E-pos adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Ané Smith (Gekoöpteerde lid:  Finansies)

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Pieter Janson (Sport/Buite-Kurrikulêr)

Kontaknommer:  082 461 7408 

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Virginia Boshoff (OOV)

Kontaknommer:  084 872 3655

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Gerben Janse van Rensburg (Hoof / Departement)

Kontaknommer:  072 218 7560

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Buks Botha (Personeelaangeleenthede)

Kontaknommer:  079 195 7883

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Sue de Beer (Personeelaangeleenthede)

Kontaknommer:  082 449 5521

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Sjhanet Grobler (Hoof:  Desiland)

Kontaknommer:  083 395 5273

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Danie Slabbert (Gekoöpteerde lid:  Leerderaangeleenthede)

Kontaknommer:  082 457 7448

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Hannes Swanepoel (Gekoöpteerde lid:  Sekretaris)

Kontaknommer:  071 891 0873

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Brigitte Radley (Gekoöpteerde lid:  Beleide/Regsaangeleenthede)

Kontaknommer:  082 444 4783

E-pos adres:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Principal

Gerben Janse van Rensburg

Birthday: 18 Mei

I am Gerhardus Johannes Benjamin Janse van Rensburg, - quite a mouthful, but most people call me Gerben. I was born on the 18th of May 1968 as the last of eight children. That was the last time I wanted to be last in anything.

I first see myself as the husband of Marlese Janse van Rensburg (Meyer) to whom I am married since the 6th of April 1991. She is also a teacher and supports me in what I do.

Then I am the father of Lisma (24/10/1994), Al-Dez (07/08/2014) and Juandré (10/01/2005).

Only then I am the principal of Laerskool Malelane! It is a task that I fulfil with diligence! I sternly believe that you have to enjoy what you do in order to be successful. It is also a fact that the school is part of an extended family where people should be able to live out their dreams within a safe and caring environment, with set perimeters, in which you can express yourself.

I grew up in Witbank/Middelburg in Mpumalanga and matriculated at Hoërskool Middelburg.

I really enjoy listening to music, singing and drawing (when I have time!) Family time is also important and I am really proud of my children.

I really don’t like it when people waste my time or let me do things that is a waste of time.

I dream of a South Africa where everybody is loving, accommodating and without bias. Where competence is the only directive when making an appointment and politics are for governing the country and not to cause chaos in healthcare, teaching and municipal governance.

I firmly believe that with God as my Saviour and ultimate guide one can achieve any goal in life. You first have to look up, before you can look forward!

Adjunkhoof

Danie Slabbert

Verjaarsdag:  8 Desember

Mnr Danie het nie 'n registerklas nie en bied die volgende vakke aan:

  • Lewensoriëntering vir Graad 7 (Afr en Eng)
  • Lewensvaardighede vir Graad 4, 5 en 6 (Afr en Eng)

Persoonlike visie:  "Ontplooing van elke kind om hy/haar volle potensiaal te bereik."

Persoonlike misie:  "Om elke kind toe te rus vir 'n sinvolle en suksesvolle lewensbestaan."

Danie is getroud met Jacolien en het twee dogters, die tweeling Danien en Darika.


Departmentshoof:  

Intersenfase:  Akademie

Sue de Beer

Verjaarsdag:  23 September


Ek het by NKP studeer en in 1980 begin skool hou by Tzaneen Laerskool.  Na vier jaar is ek getroud en het ons verhuis na Malalane.

Ek is met Carel getroud en het twee seuns, Ruan en Eduan.

Ek het vir 12 jaar die musieksentrum by Laerskool Malelane gehad met tot 54 musiekleerders wat klassieke musiek (klavier) by my geneem het.  Later, na 1995 het ek in de hoofstroom in beweeg.  Tans bied ek Afrikaans Huistaal aan vir Graad 5 tot  7 en Grade 7 Eerste Addisionele Taal.

My lewensfilosofie is:

2 Teach is 

2 Touch a life

4 Ever


Ek is 'n sodat mens!

  •  Ek hou skool sodat ek 'n verskil in 'n kind se lewe kan probeer maak.
  • Ek is hier sodat ek kan bydrae tot die sukses en vooruitgang van ons skool en gemeenskap.
  • Ek bid sodat ek die energie, wysheid en visie kan hê om dit te doen wat ek elke dag doen.

 Onderwys is vir my 'n passie, nie 'n beroep nie.

Ek is al heelwat jare besig met onderwys en geniet dit nog elke dag.  Ek is baie opgewonde oor my vak wat ek gee en glo dissipline is noodsaaklik en pas dit ferm en konsekwent, met liefde, toe.  Dit is vir my belangrik dat leerders in my klas geborge en veilig moet voel.

Ek probeer altyd kindgerig bly en besluite neem wat ek glo die beste vir die kind is.  Vir leerders gaan dit oor wie jy IS en nie WAT jy kan doen nie.  Ek probeer vrolik wees en bring baie humor in my klasgee in, want ek glo mens moet baie lag!

Ek geniet die sportafrigting baie en kry nogsteeds hoendervleis as ‘n kind presteer en jy weet jy het ‘n aandeel aan die sukses!  Op die sportvelde ontwikkel jy die kind se waagmoed en dan ook op die manier ‘n toekomsvisie.

Ek is baie trots op Laerskool Malelane en geniet my werk.

Teachers

Graad A

Mev Heleen Stander

 Verjaarsdag:  25 Januarie

Ek is geseënd met ‘n wonderlike eggenoot, twee gesonde seuns en boonop geniet ek my beroep as Graad A-onderwyseres.  Skoolhou is ‘n roeping en om passievol te wees oor wat jy doen, is ‘n Godgegewe gawe.  Dit is vir my ‘n voorreg om met kinders te werk in hulle vormingsjare.  Hierdie kleintjies is nog so opreg, eerlik, entoesiasties en gretig om te leer.  Hulle deel graag drukkies uit en gee komplimente wat ‘n mens se dag opkikker.

Ek geniet die informele klassituasie waar jy saam met hulle kan sing, dans, verf en op die mat sit terwyl jy stories lees.  As Graad A-juffrou moet jy bereid wees om jou skoene uit te skop en te demonstreer hoe ‘n mens huppel.

Soms moet jy tevrede wees met ‘n verfkol op jou hemp.  Jy moet kan troos, vredemaker speel en seerplekke dokter.  Die lys hou aan en tog ruil ek dit vir niks!  Dit is bevredigend om te sien hoe elke unieke mensie vorder en om te besef jy was deel van die proses.

Die hoogtepunt is wanneer leerders later terugkeer met die woorde:  “Juffrou, ons wens ons was nog in Graad A!”  Dan besef jy alles was die moeite werd en jy het ‘n verskil gemaak.

Ek wil graag van my Godgegewe talente gebruik maak om elke kind te help om sy potensiaal te bereik en dit is vir my belangrik dat elke kind gelukkig is.

Grade R

Mev Erika Greyling

Birthday: 19 November

Ek is Erika Greyling, die Graad R Engelse klas juffrou by Laerskool Malelane vir die afgelope 12 jaar.  My passie is kinders en al is ek bekend as 'n kwaai juffrou, is ek baie lief vir hulle en sal hulle met my hele hart beskerm.

Ek is in Vereeniging gebore en het daarna 'n paar draaie deur die land gemaak om in Newcastle te matrikuleer.  Potchefstroomse Onderwys Kollege was hierna my tuiste.

Ek is getroud met Johan Greyling wat in die landbou werksaam is.  Ons het 3 kinders, 2 dogters en 'n seun, asook 2 kleinkinders.  Die dogters is albei in die onderwys en ons seun en skoonseun albei ook in die landbou sektor.

Ek is ook betrokke by die naskoolsentrum by Laerskool Malelane.

Ek sien steeds uit daarna om elke dag met die kinders te werk.  Ek hoop om in elke kind se lewe 'n verskil te kan maak." 

Ek hou van bak en brou en doen ook graag naaldwerk - veral brei en hekel.


Graad 1A Departementshoof: Grondslagfase

Mev Belinda Potgieter   

 Verjaarsdag:  9 September

Belinda is 'n oud-Laevelder wat grootgeword het in Hazyview en haar hoërskoolloopbaan by Rob Ferreira voltooi het.  Sy is 'n trotse Lanie en is al vir 15 jaar by Laerskool Malelane.

Elke dag in die Graad 1-klas is 'n nuwe uitdaging waar hierdie kleintjies geleer word om hulself as mens te ontdek asook om te leer lees en skryf.

"Ek glo as onderwyser, ouer en ma dat elke kind uniek is en met spesiale talente gebore is.  As opvoeder is dit my doel om die kinders waarmee ek werk, toe te rus met die regte waardes en geleenthede te bied waar hul hulself kan uitleef om hul talente te gebruik.

As Christen glo ek dat ons Hemelse Vader 'n doel met elkeen se lewe het.  Hy het my hier geplaas om 'n werk te doen en solank ek hier is, leef ek my passie as onderwyser voluit uit.

Sport is 'n groot deel van my lewe en ek geniet elke oomblik saam met die kinders op die sportveld.

Ek wil graag spore in elkeen se lewe trap wat 'n verskil sal maak aan hul lewens.

My motto is:  "Trap diep spore.  Spore van liefde, omgee en respek.  Maak 'n verskil." 

Grade 1E

Mev Steffie Marais

Birthday:  5 May

I grew up on a farm near Delareyville in the Northwest Province, so I enjoy the farm-like living of Malelane very much!


I married my best friend, Adriaan Marais, in 2013, who is currently working at RCL Foods.


I studied at TUKS in Pretoria and completed my degree through UNISA when I started to work.  I am teaching the Grade 1 English class and I just love seeing them develop and grow throughout the year.  Nothing comes close to the fulfillment I feel at the end of each year when my children can read me a book, write me a letter to say thank you, or give me that smile when they finally understand a difficult math sum!


I also enjoy the variety of teaching.  I am directing our school choir and am also the piano accompanist.  I am very proud of our choir!  


I also coach netball, hockey and high jump at our school.


Laerskool Malelane is like my second family and I am proud to be part of such a great team.

Graad 2A

Mev Ria Laubsher

Verjaarsdag:  22 Maart


Ria is die Graad 2A klasonderwyseres in die Grondslagfase.  Sy het 'n dogter en twee pragtige kleinseuns.  

Ria en haar gesin is baie lief vir die bos.  Sy lees en skryf graag en geniet dit om hulp te verleen aan leerders wat sukkel.  Sy droom daaroor om eendag 'n boek te publiseer.  Ria doen scrapbooking waarin haar hoofkarakters haar twee Wildehonde-kleinseuns is.  Sy is ook baie lief vir bak en brou.



Grade 2E

Mrs Cherié de Bruyn

Birthday:  28 November


I spent a big part of my childhood in Hartebeespoortdam, thereafter we relocated to Malelane where I attended Laerskool Malelane for two years.

I matriculated in 2011 at Hoërskool Nelspruit. I decided to take a gap year and I qualified myself as an Air Hostess.

I always believed that children would be part of my occupation, therefore I have decided to study Foundation Phase Education at North West University, Pukke. I graduated in 2016 with distinction, through the grace of our heavenly Father.

I am an active person who enjoys gym and playing ringball for Malelane Town.

At Laerskool Malelane I coach highjump, U/12 netball and mini hockey. I teach the Grade 2 English Medium class and I it very much.

On 29 September 2018 I got married to Coray de Bruyn.  That was the best day of my life! 

Bob Talbert said that it is good to teach children how to count, but to teach them what counts, is better.

Graad 3A

Me Ilse Katzke

Verjaarsdag:  8 Februarie

Ek is 'n oud-Laevelder wat in 2016 saam met my man na Malalane verhuis het.  Ons het intussen 'n dogtertjie ryker geword en geniet dit verskriklik baie om ouers te wees.


Dit is vir my 'n voorreg om deel te wees van die vorming van ons gemeenskap se kinders! Ek glo dat onderwys soos ‘n klippie is wat in ‘n poel gegooi word. Die uitkring effek kan vir jare ‘n verskil maak in ander se lewens.

 Soos Maria Montesorri sê:  "Dit wat hy sien, word nie net onthou nie, dit word deel van sy siel."

Grade 3E

Me Marli Potgieter

Birthday:  20 October

I grew up in Malelane and I am an old Lanie who went to school here in the early 2000's.  I completed my studies at the North West University in 2015.

In 2016 I married my "high school sweetheart" Schalk Potgieter and in 2018 our son, Stefan was born.  I enjoy every moment of being a mother and wife.

"Working with children and helping them develop and grow, gives me pleasure in life.  When I can see that I have made a difference in a child's life, then all the hard work is worth it.

I enjoy doing fun things with the children and help them develop in every way they can.

 Being a teacher is not a job for me, it is my calling.  I was meant to be a teacher from the day I was born."

Graad 4A Departementshoof: Kultuur

Mrs Alieta Erasmus

Birthday:  16 November

Ek is Vrou, Mamma en Juffrou.

Ek is getroud met Wessel.  Ons is die trotse ouers van twee pragtige dogters, Aretha en Alicia.  Hulle was albei leerders by Laerskool Malelane, maar hulle is nou albei reeds klaar met skool. 

Ons woon al vir 30 jaar in hierdie mooi omgewing en ek geniet die tropiese klimaat van die Laeveld.

My registerklas is Graad 4 E.  Ek gee Afrikaans Huistaal vir die Graad 4 Afrikaanse leerders.  Ek gee ook Afrikaans Addisionele Taal vir Graad 4 tot 6 Engelse leerders en geniet dit baie om my Moedertaal vir die leerders aan te leer.

Dit is veral lekker om te luister hoe mooi die tweedetaal leerders Afrikaans praat en lees.

Ek is bevoorreg om al baie jare 'n trotse Lanie te wees.  Ek probeer elke dag omso te lewe dat ander Christus in my kan sien.  Dit is wonderlik om te beleef hoe die Here ons skool in oordaad seën.

Grade 4E

Me  Augusté Brits

Verjaarsdag:  31 Maart

 

“Onderwys is die sterkste wapen, waarmee jy die die wêreld kan verander.”

Ek is Mej Augusté Brits en bied Sosiale Wetenskappe vir Graad 4 en 5, asook Engels Eerste Addisionele Taal vir Graad 5 aan. 

Ek is oorspronklik ʼn stadsmeisie wat in die hartjie van Johannesburg gebore is en as die enigste kind grootgeword het.  Ek het my hele skoolloopbaan in Gauteng deurgemaak. Na matriek het ek ʼn Pukkie geword en my graad in Psigologie en Geografie en Omgewingstudies gedoen.  Omdat ek ʼn passie vir die groei van kinders ontwikkel het, het ek my Nagraadse studies in verdere Onderwys voltooi. 

My eerste geleentheid as ʼn onderwyseres was in klein, informele skooltjie wat gevind word in Upington, in die Noord-Kaap. My belangstellings is in drama-opvoerings, koor, poësie, natuur en buitesport en natuurlik is my heel gunstelling die Akademie. 

Ek is baie opgewonde om deel te wees van die Laerskool Malelane gesin en sien uit daarna om die skool se naam hoog te dra.

Graad 5A

Mev Ester van der Walt

 Verjaarsdag:  13 Junie


Ester is al vir 38 jaar getroud met Gerhard, wat werk vir Remgro.  Hulle het 3 kinders:  Johan is 'n Logistieke Bestuurder by Submerged Industrial, Suzanne is 'n Ouditeur en Antoinette is 'n onderwyseres by Laerskool Carletonville.  Albei Ester se dogters is getroud en hulle het 'n kleindogter en kleinseun.

"Ek het 'n passie vir wiskunde.  Die grootste uitdaging van my vak is om 'n kind te laat verstaan en die beloning is dan oneindig groot as dit gewerk het en 'n liggie is aangeskakel." 

Ester bied Wiskunde aan vir Graad 4 tot 7. "Wiskunde bestaan uit 5 komponente:  getalle, bewerkings, algebra, meetkunde en data.  Leerders het minstens 'n uur per dag wiskunde.  Ons doen deurlopend assessering op 'n weeklikse basis.  Assesseringsopdragte of toetse word gemerk, in 'n toetsleêr geplaas en dan vir ouers gestuur om te onderteken.

"Daar is geen groter bevrediging vir my as 'n leerder wat verstaan wat hy doen nie."

Grade 5E

Mrs Joanet Herholdt

Birthday:  23 July

Ek is gebore in die Vrystaat en was 'n leerling aan die Hoër Landbouskool Kroonstad.  Daarna het ek aan die Universiteit van Pretoria gestudeer.  

Ek is getroud met 'n Suidwester.  Ons woon al vir 10 jaar in die Laeveld.  Ons het 2 seuns wat my oneindig baie plesier in my lewe verskaf.  Ek is baie trots op die pad wat hulle stap en ek leer ook elke dag baie van hulle.

My persoonlike missie:  Loop 'n reguit pad en geniet die klein dingetjies in die lewe en hou jou oë op God.


Graad 6A

Mev Marlese Janse van Rensburg

Verjaarsdag:  31 Januarie

Kinderjare
:  Grootgeword en skool gegaan in Middelburg - min-wetend dat die outjie in my St 7 Biologie-klas, wat my so bang gemaak het met slange en spinnekoppe, dan ook eendag my eggenoot sou word!

Studies:  Goudstadse Onderwys Kollege

Getroud:  Met daardie einste outjie in die St 7 Biologie-klas:  Gerben Janse van Rensburg - 1991

Kinders:  Lisma, Al-Dez en Juandré

Stokperdjies:  Ek is mal oor die wildtuin maar doen ook so nou en dan handwerk

Afkeure:  Al my hare staan pen-orent as ek 'n litchi ruik of proe.  Ek hou ook nie van mense wat vir my jok nie.

Persoonlike missie:  Wees daar vir almal wat hulp nodig het - al is dit net 'n skouer om op te huil of 'n geduldige oor wat kan luister.

Persoonlike visie:  Al wapper ek soms teensinnig in winde van verandering, bid ek daagliks dat die Here my bruikbaar in Sy diens sal stel en ervaar ek daagliks Sy liefde, genade en vergifnis.

Grade 6E

Ms Angelique James

Birthday:  1 February


I am Angelique James, the new Mathematics teacher for the English classes and the Grade 6E class teacher. I come from Sabie and studied Education at NWU (Potchefstroom).

Teaching is something that I am very passionate about and like Nelson Mandela said: “ Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.”  Today’s youth is tomorrow’s future.

I am very excited for the year and honoured to be part of the Lanie family.





Graad 7A Departementshoof: Sport

Mnr Buks Botha

Verjaarsdag:  8 Februarie

Marthinus Steyn Botha, aan ons almal bekend as Mnr Buks het in 1980 gematrikuleer aan Hoërskool Middelburg.  Hy het by Normaal Kollege Pretoria gestudeer.

Na sy weermagopleiding in Oudtshoorn en daarna SAW..... in Pretoria het hy vir 6 jaar by Laerskool Panorama skoolgehou.  Daarna was hy na Komati Akademie waar hy vir 6 jaar hoofsaaklik Wiskunde en Afrikaans aangebied het.

Mnr Buks bied tans die volgende vakke aan by Laerskool Malelane:

  • Kuns en Kultuur vir Graad 4 tot 7 (Afr en Eng)
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe vir Graad 7 (Afr en Eng)
  • Sosiale Wetenskappe vir Graad 6 (Afr en Eng)

Buks was vir 28 jaar getroud met Engela en hulle is geseënd met 2 seuns.

Sy persoonlike missie is om te probeer om elke dag met blymoedigheid aan te pak.  "Moet ook nooit heeltemal grootword nie, want dan kan jy nooit heeltemal oud word nie."


Grade 7E

Ms San-Marie (Sanna) Cloete

Birthday:  15 January

Persoonlike Inligting

  • Gebore en grootgeword in Rhodesië
  • Speel graag golf as daar tyd is…
  • Woon op ‘n plaas buite die dorp
  • Ek is mal oor gewigstoot, rugby, krieket en landloop
  • MY HART EN DEUR IS ALTYD OOP VIR ENIGE LEERLING, ONGEAG OF EK HULLE VOOG IS OF NIE!!!

My huishouding bestaan uit:

  •  Mia Maya en Gita - My Chihauhaus
  •  Timmy, my African Grey Papegaai
  • JULLE kinders is MY kinders ook!!!

“The purpose of life is a life of purpose”  Robert Byrne

Students

Grade 1E Assistant and Student

Me Khomotso Sharon Raselabe

 Birthday:  20 November

Born and raised in Limpopo Province in a town which is now known as Polokwane. I'm the third child among my siblings. 

I have had a privilege of working in different industries before I settled in this current profession. 

In 1998 after I matriculated, I went to the University of Pretoria to study further in the Pharmaceutical Industry.  In 2017 God presented this opportunity to study teaching and my life has never been the same.

I am very blessed to have been employed and given an opportunity to study again, so I can reach my full potential. I have never felt so content and fulfilled even though I'm still a student. I'm studying with Unisa doing my B Education degree (Senior and Intermediate Phase). 

2018 has been a tremendous year regarding extra-curricular and the sports related school program, which came with a lot of responsibilities and new experiences. I made sure I perform beyond my own ability with the guidance of everyone around me. I intend learning more and acquiring as much experience as I can for as long as I am at this school with all the experienced and professionally qualified Teachers and Coaches.

Looking forward to 2019.

Graad 1A Assistent en Student

Me Genevieve Jansen van Vuuren

 Birthday:  9 October

I was born and raised in the Lowveld.  I attended school at Laerskool Malelane and matriculated at Hoërskool Nelspruit.

I have always wanted to work with children and pursue my life’s passion, namely sport. Teaching allows me to get the best out of both worlds by being involved with children and at the same time coach our future sports stars.

When I am not teaching, coaching or exercising, I enjoy spending time with my family and pets.  I also enjoy a good film and catching up on my favourite series on TV.



Student

Mnr Francois Rossouw

 Verjaarsdag:  21 April









Ek is gebore in Witbank en het na Komatipoort verhuis op n vroë ouderdom. Het in Komatipoort grootgeword waar ek ook vir 12 jaar op skool was.

Ek het nadat ek gematrikuleer het ʼn vakleerlingskap voltooi en gekwalifiseer as Passer en Draaier. Onderwys was nog altyd deel van my planne want dit is waar my passie l en daarom het ek ʼn beroeps verandering gemaak.

Ek wil ander help waar ek kan en ʼn posetiewe verskil maak in die kinders se lewens. By Laerskool Malelane kry ek die geleentheid om hierdeie dinge te doen.

Ek is trots om deel van die Lanies span te wees.














Kommunikasie-strukture

Ter wille van goeie kommunikasie en om probleme effektief aan te spreek sodat bevredigende terugvoer te verseker kan word, versoek ons die ouers om die van die volgende kommunikasie-struktuur gebruik te maak in die geval van navrae of klagtes.

Kontak asb die skool kantoor 013 790 0309 of 013 790 0558 en maak ‘n afspraak met die betrokke personeellid of stuur ‘n e-pos waar moontlik, waarin die probleem of navraag in detail bespreek word.  Indien die onderwyser nie onmiddelik beskikbaar is nie, sal Ontvangs ‘n boodskap deurgee dat die onderwyser u moet kontak.

Navrae ten opsigte van:

Akademie

Grondslagfase

Me Belinda Potgieter

 

Akademie

Intersen fase

Me Sue de Beer

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Sport

Algemeen

Mnr Buks Botha

 

 

Netbal

Me Belinda Potgieter

 

 

Hokkie

Me Marli Potgieter

 

 

Atletiek

Me Tersia Diedericks

 

 

Krieket

Mnr Danie Slabbert

 

 

Rugby

Mnr Buks Botha

 

 

Swem

Me Belinda Potgieter

 

 

Landloop

Me Sanna Cloete

 

 

Skaak

Me Ester van der Walt

 

Dissipline

Mnr Danie Slabbert

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Opvoedkundige leiding

Mnr Danie Slabbert

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kultuur-aktiwiteite

Me Alieta Erasmus

 

Administratief

Me Estelle Steynberg

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bemarking en fondsinsameling

Me Carine vd Westhuizen

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Finansieël

Mnr Hannes Swanepoel

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Indien u nie bevredigende terugvoer van die betrokke personeellid gekry het nie, is u welkom om ‘n afspraak te maak met die skoolhoof, Mnr Gerben Janse van Rensburg.  Kontak asseblief die kantoor om ‘n afspraak met hom te maak.

Die volgende - en laaste - stap in die probleemoplossings-struktuur, is om ‘n Beheerraadslid te kontak.  Hierdie sal geskied deur die skoolhoof, wat ‘n afspraak sal maak met die betrokke Beheerraadslid sowel as die ouer.  Hierdie struktuur sal die Hoof en die Beheerraadslid geleentheid gee om volledige agtergrond ten opsigte van die situasie te bekom sodat effektiewe probleemoplossing kan plaasvind.

Ons nooi u vriendelik uit om probleme en klagtes aan te spreek deur van hierdie kommunikasiestruktuur gebruik te maak om so te verseker dat die bestuur u as ouer kan ondersteun en probleme kan oplos.